1 kg Volkoring Bruismeel
500g Gewone Bruismeel
10 ml Bakpoeier
5 ml Sout
250 ml Fruktose / Xylitol
300 g All Bran
375 g Margarien
2 Eiers
400 ml Melk (oorspronklik 500 ml Karringmelk)
300 ml Kookolie
1. Meng all droë bestanddele saam
2. Vryf botter in
3. Klits eiers, olie en karringmelk/melk saam en meng in.
4. Bak 50 min by 180°C
• Moenie botter smelt en meng nie, maak baie digte beskuit.
• Ek druk die All Bran sommer bietjie stukkend in my hande voor ek dit inmeng.
• Deeg behoort lekker sag te wees en maklik om in die panne te druk.
Bron: Wenresepte
Geplaas deur: Nicolette Fick