KARRINGMELK SKONS
2 k meel
3 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
¼ koppie margarien
1 extra groot eier
½ koppie plus karringmelk of griekse jogurt
¼ koppie koue water
Sif meel, sout en bakpoeier. Rasper die margarien in en vryf in meel met vinger punte. Klits eier, karringmelk en water met vurk en sny in by meelmengsel met mes. Die deeg is redelik sag. Knie liggies, druk effens plat en druk uit met drukker. Pak die skons naby mekaar vir sagte kante. Bak 10 – 15 min by 180°C. (Probeer hanteer so min en liggies moontlik)
RESEP: Rita Olckers