HEERLIKE KORSLOSE SOUTTERT
1 x 275 gr blikkie weense worsies (sagte soort)
1 x 300gr soutvleis (fyn gemaak)
150 gr gerasperde cheddar kaas
½ ui gerasper
15 ml mosterdpoeier
5 ml droe pietersielie
15 ml Suurlemoensap
15 ml Blatjang
15 ml Tamatiesous
Sout & Swartpeper
30 ml koekmeel
3 eiers
375 ml melk
Meng die eiers, meel & Melk en voeg die ander bestanddele by.
Sit in gesmeerde bak en bak vir 40 min by 180°C tot gestol
Dien louwarm op.
Resep: Cornelia Myburgh
Foto: Jasper Louw
Hierdie is ‘n baie lekker tert en die resep kan lekker aangepas word met ander bestanddele. Die volgende keer wat ek dit gaan maak, sal dit met Tuna wees.