1

VERNEUK CINNABONS

2014-07-13-cinabonstested
VERNEUK CINNABONS
Driekwart pak gekoopte winkel brood deeg.
1 k sagte botter
2 E fyn kaneel
1 k bruin suiker
2 E maizina ( dit help dat die mengsel nie sommer uit ooze nie)
Rol deeg uit in omtrent 20 x 30cm
Smeer botter oor. (nie tot teen die kante nie)
Meng kaneel, suiker en mezena. Sprinkel oor deeg. Rol dit bietjie vas met koekroller. Rol op soos Swissrol. Sny in eweredige skywe en pak in gesmeerde bak. Bak vir so 15 min by 180.
VERSIERSEL:
1 bakkie roomkaas
kwart k botter
1 k versiersuiker
vanilje
bietjie suurlemoensap
Gooi versiersel oor sodra die rolletjies uit die oond kom.

Bron en foto:  Martie Fourie Moolman