Ek is een van daai kokke wat ingooi wat ek wil. Maar hier is soos ek vanaand gemaak het. Dit was vark potjiekos vleis gekoop by checkers. X2 pakkies. Braai uie en groen geel en rooi peppers saam in olie. Ek braai vleis in olyfolie en stoom dan sag in stoompot.
Speserye was gemmer kaneel cumin curry swart peper sout garlic en herb spice. Tamatiesous 2 eetlepels appelkoos konfyt splash worcestersous en dan gooi ek by butternut aartappel gemengde groente baby carrots en weer stoompot. Dan maak ek dumplings aan skep lepels vol op potjie en laat gaar word met deksel op. Moenie loer nie so 15 min yummy!!!! Dumplings resep 1 kop meel en een eier en knippie sout en een teelepel bakpoeier. Ek maak resep dubbel aan. Maak aan met melk nie te slap!!! Skep lepels vol op vleis maak seker jy genoeg vloeistof in pot.
Foto en resep: Elmarie Snyman