TAMATIEBREDIE
Tamatie bredie gemaak in my stoompot.
Stewingbeef genoeg vir so 4 tot 6 mense
2 uie fyngekap
1 knoffelhuisie fyngekap
4 groot aartappels in groterige blokke gesny
1 blik gesnyde tamaties sowel as 3 groot vars tamatie en die velletjies verwyder en opgesny in stukkies,
chicken stock opgelos in kook water
3 eetlepels bruin of gewone suiker
vleis speserye
sout en swart gemaalde peper
Braai vleis en uie in olyfolie tot lekker bruin,voeg speserye sout en peper by,gooi chickenstock met kookwater gemeng oor vleis net genoeg om mooi toe te maak,stoom vleis vir 25 min maak stoompot oop en dan word al die tamaties suiker en aartappels bygevoeg, stoomweer vir 12 min. Maak dan die pot oop as sousie bietjie dun is kan dit bietjie dikker gemaak word met mielieblom pasta(maizena). Gooi dan in casserole bak . LEKKER EET.
Foto en resep geplaas deur Wilma Britz