PIESANGBRAAISOUS
Vandag toe ek by die huis kom, het Maxie vir ons varktjops gebraai en met hierdie eksotiese PIESANGBRAAISOUS voorgesit …..
Braai 1 groot gekapte ui in olie;
voeg by 10 ml kerriepoeier en 250 ml piesangskyfies en braai nog 2 minute.
Voeg by 250 ml hoenderekstrak en verdik met 25 ml mielieblom opgelos in 50 ml water.
Stowe 2 minute lank en dien op saam met braaivleis. Garneer met klein tamaties
Resep en foto: Hélène Kluge