Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondvaste bak deeglik. Spoel sago af en plaas dit in ‘n kastrol saam met die melk. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut stadig, totdat die sago deurskynend is. Verwyder van die hitte en voeg suiker, sout, geursel en botter by. Klits die eiergeel en roer dit by die sagomengsel in. Skep die mengsel in die voorbereide bak en stip met arbeikonfyt. Bak vir ongeveer 20 min totdat die poeding redelik begin stol.
Meringue:
50 ml suiker
eierwit van die eier hierbo plus nog 1 eierwit
Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm. Voeg die suiker by en klits tot blink en glad is. Skep die meringue oor die poeding sodat dit puntjies staan. Bak sowat 20 – 25 min of tot gaar en tot die meringue goudbruin is. Sit warm voor of by kamer temperatuur.
Variasie:
Kaneelgeur: Laat prut ‘n kaneelstokkie saam met die melk en sago en sprinkel kaneel oor die poeding i.p.v konfyt.
Klapper: Voeg 60 ml klapper by sodra die sago deurskynend is en sprinkel klapper oor die meringue.
Sjokolade: Voeg 25 ml kakao by die 60 ml suiker.
Geniet hom, hy is regtig lekker
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto en aangepaste resep : Elize de Kock