LEWERWORSIES
500 ml (2 k) gemaalde, gekookte lewer
25 ml (2e) gekapte ui
250 ml (1 k) gemaalde, gaar ham
250 ml (1 k) sagte broodkrummels
1 geklitste eier
sout en peper
vet of olie om in te braai
Braai die gekapte ui in `n bietjie vet tot dit ligbruin is.
Voeg dit by die lewer en ham en roer die broodkrummels, sout en peper daarby.
Voeg genoeg geklitste eier by om `n hanteerbare mengsel te vorm.
Vorm die mengsel in die vorm van klein worsies en rol dit liggies in meelblom.
Smelt genoeg vet in `n warm braaipan om die boom daarvan te bedek en braai die worsies daarin tot hulle rondom mooi bruin is.
Dien die wories baie warm op rooster-brood op en strooi gekapte pieterselie bo-oor.