LEKKER RYS EN COUS COUS IDEES
Cobus Bosch
Braai klapper (50 ml) in een eetlepel botter, tot net bruin en meng saam met gaar rys net voor opdiening. Heerlike variasie
Johann Barnard
Braai jou rou rys in ‘n bietjie botter todat dit gepof is (wit van kleur). Maak verder soos normaal gaar met gekapte gemengede rissie, groen uie en ‘n bietjie van Robertsons se spice for rice. Dis my gunsteling manier van rys maak.
Wian Swart
Ek het Sondag so paar idees van verskillende resepte gekombineer:
1 koppie rou rys
3 koppies water
3 eetlepels bruin uie soppoeier
2 koppies gevriesde gemengde groente
Bring water to kookpunt, en voeg rys by. (En dis waar ek dit verander) Kook rys eers vir so 5-10 min, voeg dan soppoeier by. Dit verdik dadelik so hou die pot op lae hitte en gooi maar nog so bietjie water by indien nodig. Gooi groente in. Roer gereeld, dit kan nogal vinnig aanbrand.
Ek het hoender in ‘n pan gaar gemaak en sommer so 2 eetlepels van die vetjies oorgegooi om te help dat dit nie so vinnig aanbrand nie.
Renee van Eyk
Wat van braai rys met fyn gerasperde wortel, fyn gekapte greenpeper uie en stukkies gebraaide sampioene in.
Cecil Otto
Braai so ‘n bietjie fyngekerfde rooi soetrissie, ertjies in ‘n bietjie olyfolie en gooi ‘n bietjie borrie en rissievlokkies by. Gooi die water by en kook dit nie te gaar nie.
Fanie Smit
Kap fyn met mes rooi, groen en geel soetpepers. Vou in rys, baie aangename geur en lyk stylvol.
Letasha Flagg
Ek braai uie, geel groen en rooi peppers, bacon en mushrooms. Kook eenkant rys met rice spice tot gaar gooi dan alles bymekaar en kook op lae hitte net sodat alle geure sal kan kom. Dan het jy die lekkerste “savoury rice”.
Nadia Thölix
Kook die rys soos normaal en braai dan fyn gesnyde mushrooms, uie en knoffel in botter en dan gooi die rys in en pan braai so bietjie. Baie lekker
Riëtte Viljoen
Kerf ‘n bell pepper of 2 fyn daarin, onthou net om die pitte te verwyder.
May van der Merwe
Add a stock cube or spices for a change.
Brigette Storey
Yellow rice with pineapple, dried cranberries and optional cashew nuts in is yummy.
Elmarie Snyman
Ek maak my cous cous gaar, gooi daarby oondgebraade butternut stukkies en feta kaas, meng deurmekaar en siedaar. As jy van slaaisous hou kan elkeen self op sy porsie gooi.
Val Ashbury
Ek kook my rys en rasper dan ‘n tamatie en roer dit in. Sprinkle ook soms parmesan kaas oor saam met die tamatie. Of bietjie gerasperde lemoen of suurlemoenskil.
Ansie Matthee
Braai n fyngekapte ui en hoogvol teelepel vars knoffel. voeg rou rys by asook water. 1koppie gemengde, gevriesde groente ook by. Kook tot gaar. Heerlik. En vertoon mooi.
Jenny Nel Robberts
Kook rys gaar. Braai uie, knoffel, green pepper en fyn gesnyde wortel dan meng jy dit met jou rys en gooi rice spice by.
Hennie Jansen Van Rensburg: ek vat cous cous, sun dried tomatos, gebruik chicken of beef aftreksel om te flavour, add butternut, gerasperde spinach, pinenuts, feta fyngekap. Serve saam met ‘n lekker souserige dis soos n curry of moroccan lamb.
Petro Borchard: Maak seker dat jy die meer growwe, wholewheat weergawe kry, dit is nie orals beskikbaar nie, maar dit is baie beter as daardie fyn weergawe. Die een wat ek koop is omtrent so grof soos arborio ryskorrels. Couscous self het geen smaak nie, so jy moet dit op jazz om dit na enigiets te laat proe. Hanteer dit soos jy savoury rys sou maak (behalwe dat die kooktyd baie minder is).
Anchen Kobus: My dogtertjie is mal oor couscous, selfs die klein korreltjies, maar ek maak dit ook met hoenderaftreksel (nie net water nie) en as dit klaar is kom daar baie vars kruie (basilikruid, petersielie, chives, munt) in en feta kaas. Sout en peper soos nodig, olyfolie en suurlemoensap. Soms sny ek ui, paprika en eiervrug in stukkies en “roast” dit in die oond en sit dit ook by met songedroogde tamaties.