Ek doen die tert so bietjie anders en is vreeslik lekker en moet die aand voor die tyd gemaak word, sodat die tennis beskuitjies bietjie sag kan raak, Jy het nodig vir `n middelslag grootte tert : so bietjie meer as een pak Tennis beskuitjies,
1 blik caramel
ongeveer 350ml vars room of Orley Whipp
en 2 stafies pepperment crisp sjokolade.
Smeer die Tennisbeskuitjies lekker dik met die caramel en pak die bodem van die tertbak toe daarmee. Smeer `n lagie styfgeklitsde room oor die caramel Tennis en herhaal die proses nog een keer en eindig met `n dikkerige laag room bo-op. Rasper die pepperment crisp en sprinkel lekker dik bo oor, moenie skaam wees nie ! Laat die tert oornag staan in die yskas, hy moet eers bymekaar kom ! my familie is mal oor die tert !
BRON- Moira Kemp