INA PAARMAN SE SJOKOLADE MALVAPOEDING
125 ml volroom melk
7 ml goeie koffiepoeier (Nescafe is reg)
2 ekstra groot eiers
60 g botter
1 x 520 g Ina Paarman se sjokolade mocha muffin mengsel
250 ml vars room
15-30 ml koffie likeur (Opsioneel)
Maak so:
Voorverhit oond op 180º C. Smeer en bespuit ‘n ronde koekpan/tertbak van 26cm.
Verhit melk in die mikrogolf en roer koffiepoeier by.
Klits eiers. Voeg olie en besmelte botter stadig by en klits vir 1 minuut.
Klits melkkoffie mengsel hierby.
Haal die vloeistof uit die Muffin mengsel en hou eenkant vir latere gebruik.
Voeg die muffin meel mengsel and sjokolade stukkies by die eiermengsel. Vou met ‘n spatula in tot net gemeng.
Skep in die voorbereide pan en maak gelyk.
Bak vir 25-30min.
Stroop:
Terwyl die poeding bak, verhit die room, vloeistof van die Muffinmengsel. Voeg die koffie likeur by indien verkies.
Haal die poeding uit die oond, druk gaatjies met ‘n vurk in en skink die warm sjokoladesous mengsel oor….
Bedien warm of teen kamertemperatuur met room, roomys of vla…
Gebak deur Sophia Bester Agenbag
Foto: Wilma Josey Venter