HOENDER- EN BOTTERSKORSIESOP MET ROOM EN KAASKRULLE
Kook 1 hoender van die been af; sny fyn. Voeg by gekapte, gebraaide uie, fyn gekookte botterskorsie en vars gekapte kruie en geurmiddels; kook alles saam met die aftreksel tot reg vir opdiening. Voeg by ‘n halwe pak kaaskrulle (of meer). Skep in borde en garneer met ‘n spiraal van room en ‘n takkie pietersielie.
Hélène Kluge