Resep:
1 kg maalvleis
fyn knoffel na smaak
4 heel naeltjies
3 dik snye ou brood met korsies af
3 groot uie gekerf
3 eiers geklits
1 koppie melk
kwart koppie sultanas
4 eetlepels blatjang
1 eetlepel kookolie
1 eetlepel kerrie
1 en halwe t borrie
sout en peper na smaak
En 8 lourier of suurlemoenblare
Metode:
Week brood in water, braai uie en knoffel tot sag, voeg vleis by en braai tot efens gaar. Druk water uit brood en voeg alle bestandele by behalwe die melk en eiers by die vleis en meng goed. Skep in gesmeerde oondbak, klits eiers met melk en gooi oor vleis. Bak vir 60 min. tot gaar. Bedien met geelrys.
Maritha Blaauw