YSKASTERT MET KOEJAWEL
Pak die rolkoekskywe op die boom van ‘n groot tertbak. Maak die blik met koejawels (en stroop) in ‘n kastrol leeg en verhit terwyl die koejawels met ‘n vurk of aartappeldrukker fyn gedruk word. Verhit tot kookpunt en prut vir 1-2 minute. Meng intussen die vlapoeier en water saam en voeg by die koejawels. Verhit – terwyl geroer word – tot kookpunt. Prut vir twee minute en verwyder van die hitte. Laat vir 15 minute afkoel. Klits die kondensmelk, gelatienmengsel, suurlemoensap, strooisuiker en roomkaas goed saam. Vou die koejawelmengsel hierby in tot goed gemeng en skep versigtig oor die rolkoek. Verkoel tot stewig.
Sit voor as nagereg of met teetyd met geklopte room en skyfies vars koeljawel, indien verkies. Lewer 1 groot tert.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Photo: Mandy Nel
Mandy se kommentaar: ok hier is terug voer. needless to say bak is leeg. tert n klein bieitjie pap ek sal meer gelatine bysit. die suurlemoen sap is reg minder en tert gaan net TE soet wees. Rina hy was devine hoor