1

RINDI SE HERTZOGGIES

2014-06-20-hertzogiestested|
RINDI SE HERTZOGGIES

(Deeg: As student saam met Tannie Margie tertjies gebak – al oorlede)
DEEG: 1 k botter 1 k room 3 k meel 1 t sout 3 t bakpoeier
METODE: Meng botter en room goed Sif droe bestanddele saam Voeg by bottermengsel.
Meng goed. Laat oornag in yskas.
Hierdie deeg kan vir pasteitjies ook gebruik word.
Rol dun uit druk sirkels uit en voer gesmeerde kolwyntjiepanne. Deeg is vir meer as die vulsel resep x2
VULSEL: Uit Vinnig en maklik resepte uit Vrouekeur. (effens gewysig)
Meringuebolaag:
4 eierwitte
1 k strooisuiker
1 t vanielje
2 en n half k klapper
125 ml fyn appelkooskonfyt
Halwe t bakpoeier
METODE:
Klits eierwitte tot stywepuntstadium voeg bakpoeier bietjie vir bietjie by.
Klits strooisuiker geleidelik by. Klits tot dik. Vou vanielje en klapper by.
Skep 1 t konfyt of bietjie minder in tertdoppie.
Skep genoeg meringue oor om konfyt heeltemal te bedek.
Bak vir 15 – 20 minute by 180 grade C
Laat eers goed afkoel voor jy dit uithaal.
Lekker eet!

BRON- Rindi Scheepers-Becker