MAKLIKE SKILFERKORSDEEG
500 g margarien in blokkies gesny,
550 g koekmeel,
5 ml kremetart,
250 ml kookwater en knippie sout.
Meng meel, sout en kremetart. Plaas margarien in ‘n aparte bak, voeg kookwater by en laat botter smelt, maar dit moet nog klonterig wees.
Voeg bottermengsel by die meelmengsel en meng goed, sonder om te veel te meng.
Gooi uit op ‘n bord, bedek en laat in yskas oornag.
Rol deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en gebruik soos vir jou eie pasteie.
Hierdie deeg vries besonder goed.
Resep en foto: Annerise Augustyn