1-2 Bossies spinasie fyngekerf
1 Gerasperde ui
4 Eiers
Bietjie melk
10ml gemengde kruie
Gemaalde swartpeper
5ml sout
Gerasperde kaas
Kook spinasie tot amper gaar. Braai ui in bietjie olyfolie tot gaar. Voeg spinasie by met speserye. Skep uit in oondbak. Klits die eiers en bietjie melk en gooi bo-oor. Gooi gerasperde kaas bo-oor en bak @ 180 grade C vir so 25 minute.
Gebraaide spek, sampioen en feta kan bygevoeg word as jy wil.
BRON- Madri Henn