1

KAASWORS-CHEESE GRILLERS

gerookte worstestedkaaswors koos

KAASWORS-CHEESE GRILLERS

2,25 kg gemaalde varknek
500 g Emmenthaler kaas, in baie klein blokkies gesny
4½ teelepels sout
5 naeltjies
¾ teelepel salpeter
4½ teelepels gemengde kruie
2 teelepels varsgemaalde swartpeper
1½ teelepel gemaalde wonderpeper
1 teelepel tiemie
1 knoffelknol, skoongemaak en fyngedruk

Meng die sout en salpeter en werk goed in die vleis in. Laat oornag staan.
Voeg die knoffel en kruie en speserye by die vleis. Werk goed deur.
Maal alles weer fyn.
Werk die kaas goed by die vleis in.
Stop die vleis in geskikte derm.
Posjeer die wors vir 20 minute in water van 71ºC.
Maak gaar soos jy verkies.
Foto: Koos van der Merwe

Stefaans Blaauw – Vir Gerookte Kaaswors – Jy sal bietjie Quick Red CURE ook moet bysit..Pienk sout, wat jy by enige speserye groothandel te koop kry soos Freddy Hirsch, Crouw national, ens…anders is die smaak nie lekker nie

 

ROOK DIE CHEESE GRILLERS
So rook ek die Cheese grillers en enige iemand kan dit maar probeer. Jy hoef nie n roker te koop nie.
Ek het een van die box berokers wat jy n laaitjie met watte en spirits in sit. Ek het dit die vorige keer gebruik maar die rook te warm vir die cheese grillers en dan rook die kaas uit.

Vanaand het ek iets anders probeer
In my ingeboude braaier
Gas Burner met n pannetjie bo op
Saagsels in die pannetjie. Die saagsels maak ek nat dan smeul dit langer
Cheese grillers so n halwe meter bokant die saagsels op n rooster
Sodra die saagsel begin smeul maak ek die braaier voor toe.

Belangrik
As jou cheese griller klaar gestop is moet jy dit posjeer.
Posjeer is om dit in warm water te kook nie warmer as 72 grade nie. Ek kook net vir 10 minute .
Haal dit uit en plaas dadelik in ys water.
Die Chees griller kry nou n heeltemal wit/bleek kleur.
Sodra dit hitte kry kom die pienk kleur uit die vleis uit
Laat die cheese grillers behoorlik droog word voor jy rook anders vat die rook nie
As jy klaar gerook het is die cheese griller so 80% gaar

So lyk die rokery en die bleek cheese griller, Dan gerook nie te veel nie anders raak dit bitter en dan n gaar gemaakte een.

Ek het die resepp op die blog al voorheen getoets en elke keer as ek dit maak raak dit beter. Die nuutste is om Chilli’s ook in te sit. Ek gebruik sommer wat ek noem die winkel chilli’s(Vars Chillis) so 4 per kg vleis. Ek sny dit stukkies en maal dit saam met die vleis. Op die foto waar ek die een gesny het kan jy ongelukkig nie die chilli’s sien nie maar die een onder kan jy die donker kolletjies chilli sien.

Koos van der Merwe

gerookte wors ROOK VAN WORS