GLUTENVRYE PIZZA
Weet nie of enige iemand al gluten vrye pizza deeg probeer maak het nie
Ek het gisteraand hierdie deeg aan mekaar geslaan en Bytjie het dit so geniet dat sy vanaand weer pizza wil he
Vir 2 pizzas (wel 2 vir ons) het ek die volgende gebruik:
2 koppies Health Connection Wholefoods se Gluten-free flour mix
2 teelepels bakpoeier
2 eetlepels olyfolie
1/2 koppie water
Meng the droë bestanddele in ‘n bak.
Maak ‘n gatjie in die middel en gooi die olie en bietjie water by.
Meng die deeg, voeg water by tot dit ‘n stywe balletjie vorm.
Deel die deeg in twee.
Rol uit soos benodig.
Jy kan besluit wat jy op die pizza wil sit (ek sit goedjies wat ons kan eet).
Bak die pizza by 140 grade, tot lig bruin.
Ek het myne bietjie van bo gebraai nadat die deeg gaar was, net om die kaas bietjie bruik te maak…
Bron: Tobias Jansen van Noordwyk