Opbrengs: 6 porsies
8 Eiers
½ na 3/4 koppie room of melk (of helfte helfte)
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 koppie fyngekapte ham blokkies of gebraaide spek
¼ koppie fyngekapte groen soetrissie- gebruik rooi geel en groen
¼ koppie fyngekapte uie
In ‘n groot bak, klits die eiers en room. Roer die kaas, ham, soetrissie en ui by. Gooi in ‘n gesmeerde 20cm vierkantige bak. Sprinkel bietjie paprika en pietersielie oor.
Bak by 200° C vir 25/30 minute of tot goudbruin.
Hierdie resep is regtig vreeslik lekker. Ek het dit bedien met snytjies tamatie en komkommer, geroosterde brood en wors met ‘n uie sous. Dit was meer as genoeg en vullend.
BRON – Rencia Odendaal Pretorius
FOTO – Thalia Botha-Rondganger
Ousus Wepener
Sjoe het die vanaand vir die kinders by Dagbreek Koshuis Laerskool Clocolan gemaak. Hulle het almal terug gekom vir 2de porsies. Vrek lekker. Het die ham geruil vir Boelie bief.