BABA-AARTAPPELTJIES
Klein baba aartappeltjies
1 koppie growwe sout (Ja 1 hele koppie)
Water tot aartappels bedek is.
Kook die aartappels in die soutwater tot sag. Dit neem lank en die soutspikkels stoom orals ( moenie skrik nie)
Toets of sag is deur met mes te prik, maar moenie die geprikte een weer terugsit in soutwater nie.
Wanneer gaar is die tekstuur binne romerig en nie sout nie.
Dis net buite so sout.
Bedien met gesmelte botter of net so.
Dis verslawend! Pas op vir die bloeddruk!
BRON: Onbekend