Was groot patats, hou dit klam en smeer skil met growwe sout.
Bak in die oond tot sag.
Kook varkvleis (of vleis van jou keuse) tot baie, baie sag.
Dit moet uitmekaar getrek kan word. (Of stoom dit).
Ek het slegs oreganum, ui, knoffel, sout en peper by die vleis gesit.
Sny die patats oop en vul dit met ‘n laag gerasperde kaas en die vleis.
Skep ‘n laag salsa bo-oor elkeen.
ADAM CLOETE