MARIE SE ECLAIR-TERT
2 pakkies tennisbeskuitjies
2 pakkies kits vanilje poeding
3 en half koppie melk
250 ml orley whip (hier het ek room gebruik)
VIR SJOKOLADE VERSIERSEL:
3 eetlepels kakao
1 en half koppie versiersuiker
3 eetlepels warm melk
Meng poeding en melk in mengbak.
Klits so 2 min. Klits orley whip in aparte bak. Vou in by poeding mengsel.
Smeer vierkantige bak en pak laag tennis beskuitjies. sit van die vulsel op en maak gelyk.
Bedek met nog laag beskuitjies. Maak lae tot vulsel op is. Laaste laag beskuitjies. Vir die versiersel meng bestandele tot glad. Sprei eweredig oor koek.
Verkoel vir paar uur of verkieslik oornag. Ek het net die hefde aangemaak. Die resep se Graham koekies en cool whip ek het tennis en vars room gebruik
Foto en resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie