1

KATBOTTER KAASKOEK (grondboontjie botter)

 

katbotter terttested

220g Orley Whip, styf geklits
220g roomkaas by kamertemperatuur
1/2 koppie gladde katbotter (grondboontjie botter)
1/3 koppie suiker
1 pakkie tennisbeskuitjies
Handvol sout grondbone, fyngekap

Metode
Meng die Orley Whip en roomkaas goed saam tot glad.
Meng suiker en katbotter by tot allea deeglik gemeng is.
Pak tennisbeskuitjies in bak en giet mengsel bo-op.
Sprinkel gekapte grondbone bo-oor.
Laat stol in yskas vir 30 minute.

Hanta Henning
(eie resep)