Ja daar is butternut en wortels in. Dis moeilik om resep te gee want dis maar gewone hoendersop (hoenderborsies baie fyn gekook) en alles saam geblend. Min vet want geen hoendervel nie.
Kook hoenderborsies verkieslik in ‘n stoompot met net sout en ‘n grof gekapte ui of twee (hoe meer borsies hoe meer sop kan jy maak).
Gooi 3 (tot 6 – afhangend van hoeveelheid borsies) gerasperde wortels, 3 – 6 groot gerasperde aartappels en ‘n teelepel rooi peper by.
Die hoeveelheid water wat jy gebruik bepaal hoe dik of dun die sop gaan wees en kook tot alles gaar is.
Roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie.
Proe gereeld of die smaak reg is.
Ek gooi gewoonlik ‘n hoender oxo blokkie in of bietjie sout.
Kook tot gaar. Dit vries lekker vir ‘n ander dag as jy nie lus het vir kook nie.
BRON- Linda Ferreira Wiid