1

LEANNE SE CHICKEN CORDON BLEU

 

2014-05-11-chickencordonbleutested
LEANNE SE CHICKEN CORDON BLEU

Ek was al lankal lus hiervoor, Chicken Cordon Bleu my way. Was heerlik gewees met gekrummelde hoender fillets met kaas en ham in die middel en kaas en jalepeno sous bo op.

Ek het die hoenderfilette dunner gemaak deur dit te butterfly en toe speserye oorgesit.

Het dit in eier en toe in broodkrummels gesit en toe in die oond gebak. Jy kan dit seker in olie braai maar ek verkies om dit in die oond te bak.

Ek het ‘n skyfie kaas en ham boop die schnitsel gesit en toe nog een boop.

Het suurlemoensap oorgedruk en het Woolies se cheese en Jalepeno sous oorgesit.

Ek dink ‘n mushroom sous bo oor sal net so lekker wees.

Ek het blomkool mash en ‘n advokado slaai daarby gemaak. Was baie lekker.
BRON- Leanne Thurston Coetzee