BOERERAAD VIR VERKOUE, GRIEP EN HOES

siekeboeg
BOERERAAD VIR VERKOUE, GRIEP EN HOES

Bronwin Lesch
Mix – half a glass of warm Jive Rocky Ginger,
½ tsp Jamaica Ginger
1 tsp Borsdruppels
2 drops Turlington –
worked for me – had the flu for almost 3½ weeks, but after drinking this I felt much better!

Annelie Janzen
Dis ‘n bottel heuning, 1 botteltjie peppermentdruppels en ‘n botteltjie borsdruppels, meng als goed deur, dis lennons se produkte

Marie Rheeder Troskie
Neem’n glas fles en meng die volgende saam daarin:
1 botteltjie Turlington
1 botteltjie Borsdruppels
1/2 potjie heuning
Meng goed en hou die fles toe – neem soos nodig (± 1 eetlepel 2 keer per dag).

Sandra Albertyn
Neem ‘n bottel heuning en dop ‘n suurlemoen, in die helfte gesny. gooi al die heuning in ‘n diep bak en plaas die suurlemoen, onderstebo, met die vleis in die heuning oornag in ‘n lou oond. volgende oggend gooi jy die suurlemoen weg en gooi die stroop in ‘n bottel en neem daarvan elke keer as ‘n hoesbui jou oorval. dit is blykbaar ‘n baie ou boereraat.

Hendrik Johannes van Staden
HOES MEDISYNE

RESEP 1 Thelma Lennox
1 bottel heuning,
1 botteltjie turlington,
1 botteltjie bors druppels.
werk soos n bom.

RESEP 2 Anna Attwell
1 bottel heuning,
1 botteltjie turlington,
1 botteltjie bors druppels
1 bottel pepperment druppels
1 Jamaika gemmer
(Laas genoemde maak die slym los sodat dit kan uitkom)

RESEP 3 Petro Van Jaarsveldt
2 koppie suiker
1 koppie bruinn asyn
1 teelelepel fyn naeltjies
Smelt alles saam in kastrol, sodra gesmelt is haal af van stoof laat afkoel en gooi in bottel. Veilig vir enige iemand om te drink en werk fantasties.

BORSMIDDEL
Meng die volgende in ‘n groterige glas bottel met ‘n digte skroefdeksel
1 botteltjie LENNON Paragora
1 botteltjie Peppermentdruppels
1 botteltjie LENNON Turlington
1 botteltjie LENNON Ipekakuanawyn
1 botteltjie LENNON Borsdruppels
1 botteltjie roulyn olie
½ bottel heuning(250g)
Meng dit deeglik totdat als in die heuning vermeng is. OF Gooi alles saam, kook vir 5 minute en gooi in ‘n bottel. Vat so twee groot slukke, of 2 groot desertlepels vol op ‘n slag OF Neem een desertlepel vol soggens en saans. Sodra jou toestand verbeter het kan jy net een keer per dag ‘n desertlepel vol neem. Kinders van so drie tot agt jaar moet net ‘n halwe desertlepel op ‘n slag neem. Raadpleeg eers jou geneesheer voordat jy dit vir babatjies gee


HOES MEDISYNE
2 botteltjies borsdruppels
1/2 koppie vars suurlemoen sap
1/2 bottel heuning
Meng bestanddele saam in ‘n houer. neem (1) eetlepel daarvan 3 maal per dag. (Moet nie in yskas plaas)

Franco Dippenaar
1 groot ui fyn gesny
4 eetlepels suiker
2 teelepels bors druppels
Laat die ui en suiker in plastiek bak met dig passende deksel le vir twee dae in die yskas of op ‘n koel plek, tot dit ‘n stroop trek. Gooi die stroop af en voeg borsdruppels by. Werk nogal baie goed.

Alexandra Aalto
2 large finely chopped cloves of garlic.
Add to 1 cup full cream milk.
Bring to the boil and allow to simmer for 3 to 4 minutes.
Drink All the milk as hot as you can take it and swallow the garlic.
Within 2 hours you will notice a dramatic difference. It clears up almost immediately.