PLAASVERVANGERS VIR MEEL OF EIER IN ‘N RESEP

flour mix

PLAASVERVANGERS VIR MEEL OF EIER IN ‘N RESEP
Om 250 ml koekmeel te vervang gebruik die volgende:
180 ml aartappelmeel
200 ml Bokwietmeel
250 ml milletmeel
250 ml gortmeel
275 ml hawermeel
325 ml gerolde hawermout
180 ml mielieblom
200 ml mieliemeel
250 ml rogmeel
200 ml rysmeel
200 ml sagomeel
180 ml sojameel
200 ml tapioca meel

Plaasvervanger vir 1 eier in ‘n resep
as rysmiddel
10-15 ml bakpoeier
2-3 ml koeksoda Plus 4-6ml kremetart
As bindmiddel
15 ml mielieblom/vlapoeier
30 ml koekmeelblom
As Vloeistof
60 ml appelsap
75 ml appelpuree/appelkoospuree
1 ryp middelslag piesang fyngedruk

Gekry in SA kookboek vir allergiee en voedselsensitiwiteit –  Hilda Latengan