Neem een Butternut skil en rasper hom, strooi een pakkie perske jellie oor en neem n blik crush pynappel en gooi bo-op en meng laat vir n half uur staan sodat pampoen kan sag word dis baie lekker en hou 2 weke in yskas n mens sal nie kon se jy kan rou pampoen eet wat so lekker smaak nie. Vars pynappel is net so lekker saam met ‘n blikkie grenadella.
BRON- Engela Olckers
Fanie Smit
Soos wat jy ‘n wortelring maak, maak jy ‘n pampoenring – baie lekker met butternut. Gebruik dubbeljellie om stolling mooi te behou
Fanie Smit
Ek gebruik 2 pakkies jellie op die voorgeskrewe vloeistof vir 1 pakkie jellie. Omdat ek baie funksies doen weg van my kombuis, maak ek net seker dat die stolling van so ‘n aard is dat my gereg nie uitmekaarval tydens vervoer op ons paaie!
Nota: Ek het perske jellie bygesit en ook bietjie ingelegte perske en stroop by gesit met ‘n blikkie grinedella, Baie lekker
Butternut [rou] gerasper;
klein blikkie grenadella pulp [of 2 blikkies as die slaai groot is],
pynappel gerasper of klein opgekap.
Meng goed. Dis heerlik. Mense dink dis mango slaai. Ek het al geblikte pynappel ook gebruik, maar vars pynappel is lekkerder.
Bron: Wim Wessels
Foto: Rina Kleinhans
Baie lekker, het die resep gevolg soos gegee deur die BRON. Ek weet nie hoe iemand die slaai 2 weke lank kan hou nie!! Dit hou net ‘n dag by ons.