MAKLIKE WAFELS
Ek het hierdie wafels nou net gemaak, ek het 4 uit gekry, kon nie glo nie. Daar is nie eens bakpoeier in nie en is heerlik. Ek het stroop, bar one, roomys, piesang en room bo-op gesit.
2 eiers
2 teelepels suiker
‘n knippie sout
1 koppie melk
1 koppie meel
Klits eiers liggies met suiker en sout. Voeg by die melk en meel. Meng totdat dit ‘n gladde vloeistof mengsel is. Bak in ‘n wafelpan tot gaar. Bedien met: karamel, piesangs (in skyfies gesny en bo-op die karamel gepak), roomys en stroop.
Het resep by my ma gekry.
Bron en Foto: Marie Troskie Rheeder
Done