KWEPER KONFYT

kweper konfyt driestested

KWEPER KONFYT
‘n Nuwe probeer met kweper en dit het baie goed uitgekom, goeie tekstuur, kleur en smaak baie lekker.
1 kg kwepers, geskil pitte en harde kerns verwyder, in blokkies gesny en plaas in ligte soutwater om kleur te behou tot kooktyd.

Water vir kook, genoeg om vrugte te bedek
400 gr suiker
sap 1 suurlemoen
sap 1 lemoen
ster anys (1 vir elke kweper)
heel kruie naeltjies (so 6)
1 middelmatige rissie

Kook vrugte tot sag en dreineer, voeg suiker, suurlemoen- en lemoensap by. Bind ster anys, naeltjies en rissie in melkdoek en voeg by die vrugte.
Laat prut 2-3 uur teen baie lae hitte tot kweper oranje in kleur is en die stroop dik is. Roer gereeld dat die vrugte verpulp. Verwyder melkdoek en inhoud.
Bottel in warm gesteriliseerde bottles.
Dries van Zyl