WILMA SE PLAATKOEKIES
My kleinsus Amanda, haar dogter Amies en kleindogter Candice, het kom kuier toe bak ek chop-chop plaatkoekies…
Hier is my resep
2 koppies bruismeel
2 eiers (medium grootte)
knippie sout
4 teelepels suiker
200ml water
50ml kookolie
Gooi die bruismeel, sout en suiker in ‘n bak en meng deur. Gooi nou die eiers, olie en water by en meng tot ‘n lekker stywerige beslag wat van die lepel af drup. Skep lepelsvol deeg in ‘n kleefvrye pan (ekt so oulike bakplaatjie waarop ek myne bak) tot blasies vorm bo-op.. draai om en bak goudbruin aan die anderkant.. bedien met kaas, konfyt en margarien.. (of waarvan jy ookal hou)
Foto en resep deur Wilma Josey Venter