POST TOASTIE TERT
200g margarien
250ml stroop
200g melk sjokolade
4-5kp post toasties
1 blik gekookte kondensmelk of caramel
250ml room styf geklits
Metode:
Smelt die margarine, stroop en sjokolade saam en voeg die post toasties by. Druk vas in pan met los bodem en sit in die yskas vir ongeveer 1 uur. Haal die tert uit die pan, smeer gekookte kondensmelk bo-oor en dan die styfgeklopte room. Gooi bietjie vermicilie bo-oor vir versiering. Heerlik
Resep: *Vriendin-Rita*
BRON- Rina Kleinhans