MAKLIKE KOEK MET GRANADILLA
6 eiers
6 eetlepels koekmeel
6 eetlepels castor sugar
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 teelepel vanilla geursel
Klits die eiers tot lig van kleur, sif die droe bestanddele saam en voeg stadig by die eier mengsel terwyl jy dit nog steeds meng. Laastens voeg die vanilla essens by. Gooi in ‘n gesmeerde ring koekpan en bak in ‘n vooraf verhitte oond (180 grade C) vir 25 min of tot gaar as jy ‘n toetspen indruk en dit kom skoon uit. Sif versiersuiker oor die koek sodra die koek afgekoel het.
Ek het in hierdie koek mengsel granadella mousse gegooi en van dit gemeng met versiersuiker en oor die koek gegooi. Hierdie koek is GLADNIE te soet nie so, iemand wat nie van soetgoed hou nie, kan dit gerus prober.
Bron en Foto: Amanda Verster Vd Merwe