KFC KOOLSLAAI
Op ‘n groot kool vat jy 2 koppies mayo
1 blik kondensmelk
½ greenpepper
3 groot wortels
2 klein lepels mosterd
Sny die kool en greenpepper taamlik klein. Rasper wortel in. Meng die mayo,kondensmelk en mosterd saam. Voeg bietjie melk by as dit te dik is. Laat staan tot volgende dag dan is dit eers lekker.
Felicity Gouws Nola mayo werk die beste.
BRON- Felicity Gouws