AARTAPPEL POFFERTJIES
1 houer suurroom
3 koppies fyngedrukte gaar aartapels
2 eiers
1 hoogvol koppie kaas
2 teelepels Parmesaan kaas
2 teelepels pietersielie of grasuie
sout en peper na smaak
Verhit oond tot 180° C.
Spuit pannetjies.
Klits eiers en meng suurroom in.
Roer in beide kase en chives/pietersielie.
Voeg aartapel by en meng goed.
Skep lepels vol tot amper by pannetjie se top.
Bak vir 25 – 35 minute tot mengsel wegtrek van pannetjie se kante en dit goudbruin is.
Resep en foto: Sintie Pieterse Hattingh
geskuif