SPAGHETTIBROOD
225 g gekookte spaghetti
sout en peper na smaak
1 hoenderekstrakblokkie
275 ml melk
25 g botter
3 groot geklitste eiers
150 g gerasperde Cheddarkaas
1 opgekapte soetrissie (kleur van jou keuse of gemeng)
50 g opgekapte ham of gaar hoender
1 teelepel basil
1 eetlepel fyngeknipte chives.
Smeer ‘n l,5 lt broodpan met botter. Verhit die melk en los die hoenderekstrakblokkie daarin op. Meng die 25 g sagte botter met die geklitste eiers en roer die melk, kaas, soetrissie, ham / hoender, basil en chives daarby in. Geur goed met sout en peper. (Ek verkies Aromat). Meng die kaasmengsel deeglik deur die spaghetti en sorg dat die groente en vleis deeglik versprei is. Skep in die broodpan en bedek met foelie wat liggies met botter gesmeer is. Bak in die oond by 150ºC vir 1 ½ uur totdat die gereg ferm gestol het. Rol uit op ‘n opskepbord. Die gereg kan warm of koud bedien word
RESEP EN FOTO: ADAM CLOETE
2De Foto: Elna Erasmus