PAMPOENKOEKIES IN DIE OOND
500 ml pampoen fyn gemaak
50 ml botter/margarien gesmelt
50 ml bruinsuiker
5 ml vanilla
2 eiers geklits
25 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Kaneel en bruinsuiker vir bo-oor strooi
Verhit die oond tot 200ºC
Smeer ‘n muffin pan met botter.
Meng bogenoemde bestanddele behalwe die kaneel en laaste bruinsuiker, goed en skep in die muffin pan, strooi kaneel en bruinsuiker bo-oor en bak in die oond tot gaar ongeveer 15-20 min, toets vir gaarheid.
Reseppie van Ninnie Du Toit.
Foto: Bessie Leeuwner Du Preez