MACARONI EN KAAS MET HOENDER
3 gaar hoenderborsies in stukkies gesny
250 g gaar kort macaroni
Cheddarkaas en Mozzarella kaas (soveel as wat jy lus het om te gebruik)
Bechamelsous. http://www.foodloversrecipes.com/2017/09/witsous-gemaak-met-koekmeel/
250 g gaar ontbytspekstukkies
1 soetrissie
Ek kook die hoender saam met ‘n ui wat net geskil en deurgesny is en 2 knoffelhuisies, ook net geskil en deurgesny, sout en peper en geursel van my keuse. Dan het ek sommer ‘n lekker aftreksel wat ek kan vries vir latere gebruik. Meng die gaar macaroni, hoenderstukkies, ontbytspek en soetrissie deeglik deurmekaar. Maak die béchamel/ kaassous met ‘n goeie klomp kaas daarby (onthou dit is ‘n kaasgereg) en meng deur die macaronimengsel. Strooi nog bietjie Cheddarkaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.
Foto en resep: ADAM CLOETE