


1 pak cream crackers
100g gemengde neute
1 k suiker
half k botter
3 groot eiers geskei
2 t bakpoeier
drie kwart k melk
1 t vanilla
VULSEL:
1 blik karamel kondensmelk
1 k room
2 E kits karamel poeding
Verwerk cream crackers en neute.
Nota: Petré Van Jaarsveld – O ja.. daar word ook nie gesê hoe fyn die cream crackers en neute moet wees nie. Ek het dit in die voedselverwerker fyn gemaak…. Daar was nog effense stukkies growwegeit van die creamcrackers en neute in.
Verroom botter en suiker. Voeg eiergele by. Roer met melk. Klits eierwitte styf. Sprinkel bakpoeier by en vou eierwitte in mengsel in. Bak 30 tot 35 min 180.
(Maak vier lae as jy ‘n 20cm pan gebruik) Twee lae in ‘n 23cm pan.
Koel af en meng die vulsel bestanddele. –
Petré Van Jaarsveld – Ek het dieselfde versiersel gebruik as wat in die resep is. Die resep sê net dat jy die vulsel meng….. Ek het toe eers die room styf geklop met 2 eetlepels suurlemoensap….. Die karamel kondensmelk en die kitspoeding (het dit vermeerder na 4 eetlepels) het ek eers apart gemeng en toe by die styfgeklopte room ingevou..
Sit vulsel tussen lae en ook bo-op. Geniet.
Bron: Martie Fourie Moolman
Photo: Petré Van Jaarsveld – Dit is baie lekker… Almal is in vervoering daaroor..
geskuif