SONETTE SE KERRIE NOEDEL SLAAI
500 g skulpie noedels
1 ui, gekap
3 soetrissie: 1 groen, 1 geel, 1 rooi, blokkies gesny
100 ml asyn
250 ml tamatiesous
100 ml olie
200 ml bruinsuiker
1 eetlepel kerriepoeier
1 pakkie spek, gesnipper
Kook noedels en laat afkoel. Braai ui en soetrissies in olie.
Meng oorblywende bestanddele saam, voeg by ui en soetrissie mengsel. Laat prut vir ± 3 min.
Gooi sous oor noedels, meng en plaas in yskas. Geniet.
Resep: Sonette Bezuidenhout
Foto en nota: Anne Mortleman Chambers
Ek het dit vanoggend, in ‘n kleiner hoeveelheid, gemaak – het geen skulpe gehad nie, maar spirali werk net so goed. Het ook nie spekvleis ingesit nie. Glo my, dit is LEKKER !