Hierdie hoender kan ek nou regtig aanbeveel.
Ek het ‘n heel hoender gevat en hom op die borskant oopgesny en plat gedruk, toe gooi ek ‘n botteltjie Knorr Light Italian Salad Dressing oor die hele hoender, sit hom in die oond (oop) by so 160 grade (waaier oond), na ‘n uur het hy gelyk soos op foto 1. Ek het hom toe omgedraai en bietjie hoender speserye en gegeurde sout oorgegooi, van die sous oor hom geskep, toe gemaak met foil en nog ‘n half uur in die oond gesit. Die sousie was heerlik, net reg vir die rys, en die hoender was heerlik sappig.
Bedien met soet pampoen, room spinasie en beetslaai (aparte bordjie)
Rina Kleinhans