ONDER 10 MIN OP DIE STOOF
1 blikkie kondensmelk
1 eetlepel goue stroop
1 eetlepel margarien of botter
Gooi alles in pot en begin roer, nie te lank nie en nie vreeslik vinnig nie dan brand dit aan.
Dit word dik, jy sal sien. Roer en laat dit kook vir so 6 tot 8 minute. Gooi in fles, hanteer versigtig, dis kokend.
Sit in yskas, al is dit nog bietjie bleek. Dit word vanself bruin in die yskas. Geniet.
RESEP :: My eie ….Petra Pretorius