HOENDERFILETTE MET LEMON AND HERB SLAAISOUS
Maak ‘n sous van lemon and herb slaai sous en vars kruie na smaak. Smeer die hoenderborsies met die sous. Plaas in ‘n oondbak wat in jou oondjie pas soos op foto. Begin so op 150°C vir 10 minute aan ‘n kant en draai op na 220°C en rooster (grill) net vir die laaste 10 minute. Smeer die hele tyd van jou sous oor die hoenderstukke. Sny ook met ‘n messie om te sien hoe gaar dit is. Liewers te rou as oor gaar. Sit dit dan net terug vir nog so 10 min indien nodig.
Resep en foto: Eastwood Loftus Nel