CHIPI SE KOOLSLAAI
1/2 groenkool.
1 klein pers kooltjie.
2 wortels.
1 medium ui.
1 kop mayonaise.
3 eetl kondensmelk
1 kop gewone yoghurt.
3 eetl sweet chillisous.
1 eetl growwe grondboontjiebotter.
Rasper eerste vier bestanddele hou in bak, meng die res van die bestanddele goed, voeg sout en peper na smaak by. Meng met groente en geniet!
BRON- Hanlie Meyer