1

Baba-Aartappels met Feta en Tamatie

1538707_10202384749534138_1085049567_ntested

Kook aartappeltjies sommer in skil tot net sag. Sit in oondbak, en druk effens plat tot lekker oopgebars.(nie pap nie – sien Marian se foto )Sit baba tamaties heel, of in helfte gesny, by. Lekker sout en swartpeper, en n paar basilie blare as jy het. Krummel feta oor. Bietjie knoffel of n paar ontpitte olywe is ook lekker . Sprinkel met olyfolie ,en bak totdat tamaties lekker warm is en net begin oopbars. Lekker saam met enige vleis of selfs vis, en gaan vinnig.

Resep:  Rita du Toit

Foto: Marian van Deventer