AARTAPPELGEREG
Genoeg vir 2 persone
Kook 4 medium aartappels met skill tot sag. Terwyl dit kook braai in ‘n pan een fyn gekapte ui en een teelepel fyn knoffel. As uie mengsel mooi gebraai het, gooi nou gekerfde mushrooms by en braai vir 2 tot 3 min, voeg 300 gr ham (enige tipe) by wat in ongeveer 1.5 x1.5 centimeter blokkies gesny i,s roer nou deur om alles te meng,
Maak 1 pakkie kits mushroom en kaas sous aan gooi die by die ham en meng goed. Aartappels behoort nou sag te wees. Plaas 2 aartappels in ‘n bord en sny dit in blokkies. Gooi die ham mengsel bo-op en eet dadelik (skil kan verwyder word as so verkies en extra gerasperde kaas kan bo-oor gegooi word)
Foto en resep geplaas deur Gerhard De Beer