WENRESEPTE 1 SE KOEKSISTERS

KOEKSISTERS TANYAtested
WENRESEPTE 1 SE KOEKSISTERS

Stroop:
1,75kg suiker
1L water
20ml gouestroop
2ml kremetart
1ml wynsteensuur
Knypie sout

Verhit suiker, water en stroop tot kookpunt en roer, sodat suiker smelt voor stroop kookpunt bereik. Kook stroop 8min, hAal vn stoof af, roer kremetart, wynsteensuus en sout by en laat afkoel. Plaas in koelkas.
Deeg:
550g koekmeel
20ml bakpoeier
5ml sout
50g botter
375ml melk
1 eier

Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in droe bestanddele tot goed gemeng. Klits melk en eier saam, voeg by meelmengsel en maak aan tot n sagte rolbare deel. Bedek en laat oornag in koelkas. Volgende dag, rol uit, sny en vleg. Bak in warm kookolie tot goudbruin. Doop vinnig in koue stroop. Lewer ongeveer 5-6 dosyn

FOTO: Tanya Smith