NATALIE SE MIELIEPAP MUFFINS
10 koppies water
5 koppies grof mieliepap
1 groot knoffelhuissie fyn gedruk
2 blokkies chicken stock
Kook die water met chicken stock en knoffel gooi die pap in en kook tot net net gaar 10-15min. Laat dit afkoel.
Meng in n groot mengbak.
2 tlps mosterd poeier
1 groot blik heel pit mielies
150ml olie
10 eiers
4 koppies gerasperde mature cheddar
3 tlps rooipeper
5 tlps paprika poeier
Genoeg vars of droe pietersielie
5 eetlepels sweet chili sause
5 tlps cheese Aromat
2 koppies broodmeel met sonnebloemsaad, of gemengde sade meel
En 3 tlps bakpoeier
N pakkie van die driehoek roomkaas blokkies
Meng nou alles saam en skep tot 2/3 van die gesmeerde pannetjies vol. Druk in die middel n stukkie roomkaas, maak hom mooi toe. )Ek het hulle in drie gesny. Bak teen 180*grade vir so 25min of tot n stokkie droog uitkom, maak seker jy druk nie die stokkie in die roomkaas nie
BRON- Nathalie Jessica Koekemoer- Groot